Hond wat mense red, word gered

’n Hond waarvan die ras bekend is daarvoor dat hulle mense red wat gestrand is in die berge van Italië en Switserland, moes die afgelope naweek self gered word.

Die rolle is omgeruil toe ’n Saint Bernard hond uit die hoogste berg in Engeland gered moes word deur ’n hele span reddingswerkers.

Die pragtige dier is deur die span op ’n draagbaar die byna onbegaanbare berg af gedra nadat die dier seergekry het terwyl hy besig was om terug te keer uit die berg na ’n reddingsdaad.

Die 55 kilogram gewig van Daisy was in die hoogtes van Scafell Pike gebergtes in die noorde van Engeland saam met haar eienaar toe sy hulp nodig gekry het.

Die polisie het nie laat wag nie en dadelik ’n reddingspan saamgestel om Daisy te hulp te gaan, en ’n poging van redding wat meer as vyf uur geduur het, is suksesvol afgehandel en kon die hond professionele aandag kry by ’n veearts.

Dit was die inspanning van 16 mense in die reddingspan om Daisy die berg af gedra te kry, want die groot dier van 55 kg is op ’n draagbaar geneem na die diere hospitaal.