Hoë profiel Twitter rekenings gekaap

Talle van die hoë profiel Twitter rekenings is gekaap waarvan Barack Obama, Joe Biden, Bill Gates en selfs Apple en Uber ook slagoffers is.

Dit is maar enkele name van persone wie se Twitter rekeninge gekaap is in wat beskryf word as ’n Bitcoin skandaal.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die name van vooraanstaande persone gebruik is om die virtuele Bitcoin op die voorgrond te plaas wat klaarblyklik ’n enorme bedrog skema is.

Die gekaapte Twitter rekeninge is later verwyder van die internet platform en die Twitter eienaars het kennis gegee dat hulle “werk aan die saak” wat ’n ernstige verleentheid vir baie mense inhou.

Die boodskappe op die sosiale netwerk het ondermeer gelui dat mense 30 minute tyd gegun word om $1,000 in Bitcoin donasies te maak om daarmee die Bitcoin se waarde te verdubbel.

Waarnemers sê di is ’n metode wat probeer is om miljoene mense te oortuig om Bitcoin te koop terwyl die waarde hoegenaamd nie sou verdubbel vir die koper nie.