HK polisie slaan toe op demokrate

Die polisie in Hong Kong maak ten volle gebruik van die groter mag wat toegeken is met die nuwe veiligheidswet wat deur Sjina op die stad afgedruk is.

In ’n arrestasie van vier pro-demokrate word beweer dat die vier aktiviste betrokke was by ’n pro-onafhanklikheid beweging wat glo verbode is onder die Sjinese wette.

Dit is die eerste optrede van polisie teen die pro-demokrate se aktiviste wat onder die omstrede wet gearresteer is.

Die kontroversiële nuwe nasionale veiligheidswet bied meer mag aan die polisie om “verdagtes  in hegtenis te neem, en pro-demokrate sê dit is die kommuniste se metode op pro-demokrate van Hong Kong te intimideer en te beperk in hulle optrede.

Die polisie sê hulle arrestasie het ten doel om Hong Kong te stabiliseer na die betogings van die verlede tot gewelddadige aksies gelei het.