Hierdie werkers soek belasting korting

Die Covid-19 pandemie het ’n nuwe tydvak van arbeidsbetrekkinge ingelei, en een van daardie nuwighede is die baie personeel wat hulle amptelike kantoorruimte moes verruil vir ’n plek in die woonhuis.

Duisende Suid-Afrikaners werk deesdae vanaf hulle woonplek, en maatskappye ervaar ’n geweldige groei in die personeel se produktiwiteit wat toegeskryf word aan verskeie faktore.

Die werkers, waarvan baie in stedelike gebiede is, spaar wel aansienlik brandstof en kan selfs ’n bietjie later opstaan in die oggende, maar dit is al voordeel wat daar is.

Die stemme word egter al mee gehoor van sulke werkers wat vra dat die munisipale belastings verlig word, want die mense werk vanuit hulle woonhuise en doen dit waarskynlik permanent in die voorsienbare toekoms.

Maar die industrie is ook vanuit die werkgewer se oogpunt geregtig om belasting kortings van munisipaliteite.

Talle argumente word aangevoer wat as geldige redes beskou kan word, maar daar is ook die vreemde eis dat die nuwe tendens die stadsverkeer aansienlik verminder het omdat so baie vanaf hul woonplek werk, dat dit ’n voordeel is vir die stadsraad.

Kenners wys daarop dat werkgewers eerder ’n verhoging in salaris aan “tuis werkers” behoort te betaal vir kantoor ruimte wat nou oorbodig is en die huur daarvan kan opsê wat ’n verdere besparing beteken.