Geeneen kry reddingsboei nie

Daar sal geen staats entiteit ter sprake, verder kwalifiseer vir reddingsboei nie, en die SAL en sy filiaal redery se deure kan maar sluit, want geldelike hulp sal die redery nie van die regering kry nie.

Dit is die belofte van die Tesourie wat Vrydag in die Suid-Afrikaanse parlement tydens ’n virtuele sitting gemaak is.

SAL, SA Express en die staat se diamantmyn Alex sal geen hulp van die tesourie kry om uit hulle finansiële gemors te kom nie.

Die parlement het ook kennis geneem dat daar in die afgelope begroting geen voorsiening gemaak is vir finansiële hulp aan die drie entiteite nie.

SAL se sake reddingsplan sal die regering minstens R26 miljard kos, waarvan meer as R16 miljard aangewend moet word om diegene te betaal wat die befondsing gedoen het.

Ander bykomende uitgawes soos werks-kapitaal en afleggings koste van personeel asook skuldeisers se bedrae, beloop gesamentlik R10 miljard.