“Game” winkelgroep lê personeel af

Die Massmart winkelgroep sê hy het ’n suksesvolle ontleding gedoen in Suid-Afrika se omstandighede en kyk nou na die aflegging van personeel.

Dit is veral die kettingwinkels van Game wat hierdeur geraak sal word, en personeel afleggings sal binnekort gedoen word.

Die proses mag moontlik sowat 1,800 werknemers in die Game winkels van Suid-Afrika raak, en die vroeëre aankondiging sal waarskynlik ook van krag word.

Die Groep het aangekondig dat hy al sy winkels wat teen ’n verlies bedryf word, gaan sluit, wat volgens kenners beteken dat die personeel daardeur geraak word vir aflegging.

Die sluiting van Massmart se verlies draende winkels sluit ook 23 van Dion se winkels in tesame met die plan om ander winkels te sluit.

Mitchell Slape, die Uitvoerende Beampte van Massmart wat in September verlede jaar oorgeneem het in die hoedanigheid, het met die aankondiging sy eerste groot skuif gemaak, en die sakereus met sy 450 winkels regoor 13 lande, sal nie ’n noemenswaardige verandering in beeld hê nie.