Gaan Pepkor vir Jet oorneem

Die onbevestigde berig dat Pepkor se aanbod om die Jet winkelgroep by Edcon te koop, kan ’n nuwe dimensie bring in die kleinhandel van die klerasie bedryf.

Berigte dat Jet voorwaardelik die aanbod van R480 miljoen aanvaar het, kon nie bevestig word nie, maar waarnemers reken die inligting is korrek.

Dit sal meebring dat indien die kooptransaksie deurgevoer word, dat Pepkor die nuwe eienaars kan word van die 371 kleinhandel winkels wat deur Edcon besit is.

Edcon ondervind ernstige finansiële probleme en die toestand het verder versleg toe die Covid-19 pandemie ook in SA losgebars het en die winkels vir weke gesluit moes word.

Waarnemers reken die verkoop transaksie kan beteken dat Edgars weer op dreef kan kom met kontant wat sal help om die bedryf staande te hou.