G7: Verskille oor Rusland se toelating

Minister Maas

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aanbeveel dat Rusland her-toegelaat kan word in die vergaderings van die Groot 7 (G&) wat vroeër bekend was as die G* voor die Russe uitgeskakel is.

Die voorstel van President Trump word egter sterk teengestaan deur die Duitse Minister van Buitelandse Sake, Heiko Maas, wat reken Rusland moet eers sy pogings verskerp om die konflik met die Oekraïne uit die weg te ruim.

Die Duitse minister het die VSA se voorstel verwerp en bygevoeg dat  Rusland se uitsluiting kom weens sy anneksasie van die Krim-gebied in die Oekraïne en voor dit nie reggestel is nie, kan toelating nie geregverdig word nie.

Die Russe was uit die G7 gedruk nadat Moskou ’n sterk teenwoordigheid gehad het in die oostelike deel van die Oekraine deur die pro-Russiese rebelle met wapentuig en inligting te voorsien wat uiteindelik gelei het tot ’n bloedige stryd in die Krim gebied wat later deur Rusland se reblle beheer is en ’n onafhanklike staat uitgeroep is wat nie deur Westerse lande erken word nie.