Franse kry nuwe premier

Die Franse president, Emmanuel Macron, het in ’n media onderhoud gesê die bedanking van die regering was nodig om ’n “nuwe roete” te ontwikkel vir die toekomstige koers van die presidensie.

Die senior burgerlike, ene Jean Castex, is aangewys as die land se nuwe Eerste Minister.

Castex vervang die uitgaande premier, Eduoard Philippe, wat klaarblyklik nie met die president saamgestem het oor sy sosialistiese benaderings nie.

Die nuwe premier het verskeie senior poste beklee op plaaslike, streeks- en nasionale vlak van die regering strukture en in April vanjaar was hy aan die hoof van die grendel tyd met die koronavirus pandemie.

 Die regering se bedanking het die weg gebaan om Frankryk op ’n nuwe weg te plaas en de herskommeling in die kabinet meer doeltreffend te maak, is gesê.