Foto’s van vroue kan boete beteken

In Duitsland kan mense ’n boete kry as hulle foto’s neem van vroue se erge kort rokke of waar die bors se klere ’n lae neklyn het.

Die neem van foto’s, die vertoon daarvan, of die maak van ’n video van sulke gevalle is strafbaar in die toekoms.

Die regsverteenwoordigers van die vroue wat graag ’n bietjie gewaagd is met hulle kleredrag sê die maatreëls wat ingestel word is nie voldoende om die gebruik deur vreemdelinge te stop nie.

In gevolge die bepalings van die regulasie wat in die parlement deurgevoer is, sal ’n oortreding strafbaar wees met boetes en tronkstraf van tot twee jaar.

Die regsverteenwoordigers sê die optrede van fotograwe wat foto’s wil neem van onder ’n vrou se rok of van haar lae neklyn, is ’n skaamtelose daad wat swaar gestraf moet word.

Duitse vroue is geneig om veral gedurende die somermaande met gewaagde klere in die openbaar te verskyn, en fotograwe neem stilweg foto’s om later in publikasies of die sosiale netwerk te versprei.