Finland verwyder Swastika as kenteken

Die Finland Lugmag se bevelvoerders het besluit om die swastika van hulle Lugmag logo te verwyder sonder om ’n amptelike verklaring daaroor uit te reik.

Die Lugmag het die swastika as deel van hulle kenteken gebruik vir bykans ’n eeu lank, en het sedert 1918 dit as deel van hulle vlag in die lugmag behou.

Die generale-staf se welbekende ID en kenteken in die land se Lugmag sal voortaan sonder die welbekende swastika wees en is gedoen sonder om enige verklaring daaroor te maak.

Die nuwe kenteken met ’n swewende arend  het die ou kenteken vervang en daarmee ’n era van gekoppelde alliansie met Nazi Duitsland finaal beëindig.

Finland het na die afloop van die Tweede Wêreldoorlog die swastika van sy vegvliegtuie verwyder, maar die kenteken was deel van die Lugmag se vlag tot dit nou vervang is met ’n arend.