Filippynse president onderteken omstrede wet

President Duterte

President Rodrigo Duterte van die Filippyne het sy presidensiële goedkeuring gegee aan ’n nuwe wet wat groepe reken die “demokrasie bedreig en druk in die verkeerde rigting.

Opposisiepartye het hulle tot die sosiale media gewend om hulle bekommernis en ontevredenheid te toon oor die new wending.

 Met Vrydag se ondertekening van die wetsontwerp wat ’n wye begrip is van wat ’n anti-terroriste wet moet wees, vrees die opponente dat dit gebruik kan word om menseregte aktiviste te vervolg.

Die Anti-Terroriste Wet is onderteken nadat die Filippynse kongres die wetsontwerp goedgekeur het wat ook die president die reg gee om ’n raad aan te wys wat mense kan arresteer wat as terroriste beskou word.

Die Kommunikasie Kantoor van President Duterte het op die sosiale netwerk gesê die Raad wat aangewys word, sal die regte van menseregte aktiviste steeds respekteer, maar die opposisiepartye glo nie die belofte nie.