EU parlement skepties oor noodfonds

Die Europese Parlement gaan nie die konsensus besluit van die Europese Unie sonder teenkanting aanvaar nie, en kan veroorsaak dat die besluit nietig word.

Die Europese Unie het in ’n vergadering wat in twee dae moes plaasvind, vir bykans vyf dae geworstel om eenstemmigheid te kry oor die aanwending van die 750 miljard euro se Noodfonds.

Die Fonds wat bedoel is om lande finansieel te steun wat gebuk gegaan het onder die Covid-19 pandemie, en het bykans 100 uur vergader tyd in beslag geneem om ’n finale en eenstemmige ooreenkoms te bereik vir die aanwending van die geld.

Woordvoerders van die Europese Parlement het egter nou hulle stemme laat hoor, en talle is dit eens dat die ooreenkoms wat EU leiers bereik het, nie noodwendig in die Europese Parlement goedgekeur sal word asof dit  ’n rubber stempel is nie.

Die EU President David Sassoli het in ’n nuuskonferensie gesê die parlement sal nie die voorstel van die EU sonder slag of stoot aanvaar nie, wat waarnemers laat glo dat die stryd nog lank nie gewen is om die bedrag en die aanwending daarvan, goedgekeur te kry nie.