EU nie eenstemmig oor Noodfonds

Ernstige verskille tussen die leiers van die Europese Unie oor die begroting en die bedrag wat beskikbaar gemaak moet word vir die Europese Noodfonds, het gelei tot ’n lang uitgerekte vergadering.

Die Noodfonds wat bedoel is om die lidlande by te staan wat swaar getref is deur die Covid-19 pandemie, is aanvanklik gestel op 750 miljard euro, maar die verskil in mening kon na vier dae nog nie ’n konsensus besluit laat realiseer nie.

Die leiers verskil ook oor die voorgelegde plan wat beoog is om lande by te staan, maar daaroor kon ook geen eenstemmigheid bereik word nie.

Die vergadering in Brussel, wat twee dae sou duur, het glo vier dae in beslag geneem, en dit wil lyk of die vergadering nie tot ’n finale besluit kon kom nie.

Die president van die Europese Raad, Charles Michel, asook die President van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die premier van Ierland, Micheal Martin, en Luxembourg’s se Eerste Minister Xavier Bettel asook premier Sophie Wilmes van Belgie in ’n vergadering te woord gestaan, maar die lede kon die afgelope naweek nog geen eenstemmigheid kry nie.

Later is die leiers van al 27 lande byeengeroep waar Charles Michel gesê het dat 600,000 mense in Europa het gesterf weens die pandemie, en dit is nou die lidlande se leiers wat verantwoordelikheid moet aanvaar om verligting te bring.

Op die tafel is ’n 1.8 triljoen euro begroting van die EU wat ook goedgekeur moet word, maar met die ter perse gaan was daar nog nie so ’n moontlikheid in die vooruitsig nie.