Eskom staak sy beurtkrag – vir eers!

Kort ndat Eskom aangekondig het dat hy ’n bykomende 1,500MW krag bygekry het van kragsentrales wat tydelik buite werking was, het die kragvoorsiener aangekondig dat beurtkrag opgeskort is.

’n Totaal van 3,500MW is bygevoeg tot die netwerk nadat verskeie kragsentrales weer op dreef gekom het, en alhoewel Eskom onderneem het dat beurtkrag opgeskort word, bestaan daar twyfel by menige kragverbruikers.

’n Span Duitse ingenieurs en tegniese personeel, asook ander deskundiges, het uit Duitsland in die land aangekom die afgelope week, en sal in die komende dae hulle kennis aanwend om sekere instandhouding en onderhoudswerk te doen om die sukkelende kragvoorsiener se toerusting te probeer opgradeer.

Die span is glo van die mees kundiges en die hoop bestaan dat hulle die ernstigste gebreke in die kragsentrales sal vind en behoorlik herstel.