Eskom kry ’n meevaller

Die bankrot kragvoorsiener van Suid-Afrika het klaarblyklik ’n meevallertjie gekry, maar die moontlikheid is nie uitgesluit dat dit hom weer ontneem gaan word nie.

Dit is selde dat Eskom so ’n ekstra geldjie ten bedrae van R69 miljard in sy sak kan steek as die SA Energie Reguleerder nie teen die beslissings gaan appelleer nie.

Eskom kan nou sy tariewe verhoog met soveel as 15%, en daarmee die oorlaaide skouers van kragverbruikers nog verder belas.

Die beslissing van die Hooggeregshof dat Eskom geregtig is op die herwinning van sy R69 miljard mag wel goeie nuus wees vir die kragvoorsiener, maar is baie slegte nuus vir die ekonomie, die nyweraars en die algemene publiek.

Die herwinning van die bedrag is geldig verklaar deur die hof omdat Nersa ’n regerings lening in gebring het as deel van sy berekenings om Eskom tariewe te bepaal, wat die hof as onregmatig beskou hê.

Die hofbeslissing bepaal dat Eskom sy eie terme kan opstel vir tarief verhogings, en dit gaan die gewone verbruiker ’n harde ekonomiese klap toedien.

Intussen moet Eskom nog planne beraam oor hoe hy uit sy bankrotskap gaan kom met die betaling van sy R450 miljard skuldlas.