Eskom in spervuur oor kontrak

Eskom, die nasionale kragvoorsiener, het moontlik die wet op tenders oortree wat in 2005 aangegaan is en so in geldwaarde toegeneem het dat talle vrae nou gevra word.

’n Kontrak wat in 2005 met Black & Veatch Corp. aangegaan is, het na bewering sowat 100 voudig in sy Rand waarde toegeneem.

Die kontrak wat aanvanklik vir R114 miljoen gesluit is het geëskaleer met meer as 12,000% om tot R14 miljard te styg.

Beskuldigings word gemaak dat die hoof van operasionele diens by die kragvoorsiener hom skuldig gemaak het aan korrupsie, gaan nou ondersoek word.

Meningsvormers reken dit is een van die redes waarom Eskom in ’n finansiële krisis beland het, en is die hoop uitgespreek dat die skuldiges na afloop van die ondersoek vervolg sal word.