Eskom dreig met beurtkrag

Eskom het gewaarsku dat beurtkrag toegepas sal word as huisvroue nie meer omsigtig te werk gan met die gebruik van elektrisiteit nie.

Intussen is vasgestel dat Eskom se onderhoud werk ook op verskillende terreine veel te wense oorlaat.

Die huidige krisis word deur waarnemers bestempel as ’n slenter wat teen die huisvroue gebruik word terwyl ses van sy groot krag-eenhede “geblaas” het en nou herstel moet word.

Die ingeligte bronne wat aan Die Vryburger gesê het van die ramp, beweer dat die eenhede beskadig is weens swak instandhouding wat gedoen is.

Die moontlikheid dat beurtkrag te enige tyd in werking gaan kom, is dus nie vêrgesog nie, is gesê.