Eskom bly op Fase 2 beurtkrag

Die nasionale kragvoorsiener Eskom, sal die beurtkrag op Fase 2 steeds toepas met ’n goeie kans om dit nog verder uit te brei.

Die moontlikheid van groot veranderings in die rotasie wat nog vir die res van die week gaan volg, en die moontlikheid om na Fase 3 op te skuif is nie uitgesluit nie.

Vir Maandag en Dinsdag is Fase 2 nog van krag, maar waarnemers sê die moontlikheid dat die reëling kan verander op kort kennisgewing, is nie uitgesluit nie.

Eskom se hoof het etlike maande gelede gesê die toepassing van beurtkrag sal nog vir geruime tyd bly, en kan te enige tyd in werking gestel word.

Die huidige koue weer en “noodsaaklike instandhouding” wat gedoen word, is glo die rede vir die instelling van beurtkrag wat SA se brose ekonomie nog verder verniel.

Eskom het aanvanklik voorsien dat drie dae van beurtkrag toegepas sal word, maar dit het Maandag verander en word die hele week waarskynlik weer gemerk vir elke dag se onderbrekings.