Entstof gereed teen einde 2020

Die tweede studie wat positiewe resultate getoon het as resultaat van die navorsing en ontwikkeling van ’n entstof teen die nuwe koronavirus, maak dit moontlik dat die entstof teen einde 2020 vrygestel kan word vir gebruik.

Die een entstof wat deur die Oxford Universiteit in samewerking met die AstraZeneca maatskappy getoets word het tot nou goeie resultate getoon in die toetse wat op vrywillige mense uitgevoer is.

Die AstraZeneca maatskappy wat die lisensiehouer van die entstof is, het aangedui dat dit waarskynlik teen einde 2020 beskikbaar gestel sal word op die handels platforms.

Die woordvoerder sê daar is egter nog streng vereistes wat nagekom moet word voor die produk vrygestel mag word, en waarnemers waarsku dat dit nog ’n geruime tyd kan duur voordat die wêreld van entstof voorsien kan word.

Baie miljoene bottels en duisende verspreidingskanale is nodig om effektiewe versending moontlik te maak, het ingeligte bronne later uitgewys.