Entstof: Britte kry positiewe resultate

’n Entstof wat deur wetenskaplikes aan die Universiteit van Oxford ontwikkel is, het reeds positiewe resultate getoon in die eerste fase van toetse wat uitgevoer is.

Die Universiteit het in samewerking met  AstraZeneca die entstof ontwikkel, en die eerste toetse toon glo goeie immuun dekking en ook die T-sel immunisering is van hoë standaard.

Die toetse wat op mense uitgevoer is, word as uiters belowend beskryf en die navorsers reken dat die teenliggaampies in die mens se liggaam word dramaties versterk om infeksie te voorkom.