Entstof: Biontech betree volgende fase

Die Biontech maatskappy wat in die wedloop is om ’n entstof teen die nuwe koronavirus te ontwikkel, betree nou die tweede fase van toetse op vrywilligers.

Die Hoof Uitvarende Beampte, Ugur Sahin, sê goedkeuring is verkry om die volgende fase te betree waarin 30,000 deelnemers sal meedoen om die entstof te toets.

Talle farmaseutiese en ander vervaardigers van geneesmiddels en entstof is in die wedloop vasgevang om ’n entstof gereed te kry, maar dit word volgens kenners reeds duidelik dat verskeie maatskappye kort op mekaar is en feitlik gelyktydig ’n entstof gereed gaan kry vir verspreiding.

Meningsvormers reken dit het bepaalde voordele aangesien dit die vinnige verspreiding regoor die wêreld kan bespoedig om daardeur die sterftes te verminder en infeksie te bekamp.