Eerste entstof toetse lyk goed

Uit Frankfurt, Duitsland word berig dat die toetse teen COVID-19 infeksie uitstekend verloop en die vervaardigers is positief dat ’n effektiewe middel gevind is.

Die Duitse farmaseutiese maatskappy BioNTech en die Amerikaanse reus, Pfizer het kragte saamgegooi in die veldtog om ’n geskikte middel te vind teen die nuwe koronavirus.

Die eerste toetse wat met 17 mense gedoen is het getoon dat hulle weerstand met teenliggaampies vinnig vermeerder het en die immuniteit sodanig verhoog het dat hulle na drie inspuitings wat strek oor drie weke, klaarblyklik nie infeksie sal opdoen nie.

Die mikpunt is om 10,5 miljoen mense in die finale proef te gebruik wat as vrywilligers geïmmuniseer sal word met die reeks inspuitings wat teen ’n geraamde koste van sowat R550 per persoon vir die reeks sal beloop.

BioNTech sê dat in ’n tweede stel proewe van twee dosisse BNT162b1 entstof op 24 gesonde mense het getoon dat hulle binne 28 dae ’n hoe vlak van weerstand en immuniteit opgewek het.

Baie toetse moet nog gedoen word voordat die middel vrygestel mag word, maar wetenskaplikes is opgewonde dat hulle wel die antwoord gevind het om die “pes van Sjina” te smoor.