Duitsland wil steenkool vermy

Duitse parlementslede het hulle steun gegee vir die voorgestelde pakket om ’n einde te maak aan die gebruik van steenkool om elektrisieteit op te wek in die land.

Te midde van die steun, het aktiviste gesê die pogings van die regering is nie voldoende om klimaatsverandering betyds te bestry nie, en moet die tydgleuf gewysig word.

Die Duitse Bundestag asook die Bundesrat, – Laerhuis en Hoërhuis van die parlement –  het aanvaar dat die oorskakeling weg van steenkool in die land se kragopwekking in minder as twee dekades moet deurgevoer word.

Die gebruik van fossiel energie kom dan in 2038 ten einde vir die opwekking van elektrisiteit, en met die besluit wil Duitsland voorkom dat daar teruggekeer sal word na ’n bestel wat soveel skade aan die omgewing doen.

Duitsland wil twee aspekte in die volgende 18 jaar bestuur, naamlik die weg beweeg van die opwekking van krag met fossiel energie en die tweede is die sekerheid wat aan werkers in die bedryf is, in ’n ander werksomgewing te kry sodat honderde mense nie sonder werk is nie.