Duitsland: Trump nomineer nuwe ambassadeur

President Donald Trump van Amerika het Douglas Macgregor genomineer as die nuwe ambassadeur wat in Duitsland diens sal doen.

Die nominasie kom nadat die ambassadeur in Duitsland, Richard Grenell sy bedanking ingedien het in Junie vanjaar.

Die aanwys van Douglas Macgregor word nie as ’n verrassing gesien nie, en die man het reeds verskeie kere by veral die konserwatiewe Fox Nuus aan onderhoude deelgeneem waarin hy nie geskroom het om die Trump administrasie se werksaamhede te verdedig nie.

Macgregor is ’n voormalige weermag kolonel en ’n uitgesproke kritikus van die operasies in die Midde Ooste, en sy finale aanstelling sal eers deur die Senaat goedgekeur word.

Die Republikeine het ’n meerderheid in die Senaat, wat die moontlikheid versterk dat die nuwe ambassadeur eersdaags kan verhuis na Duitsland.