Duitsers stroom na toetse vir virus entstof

Duitse navorsers sê hulle is aangenaam verras met die reaksie van die publiek wat in groot getalle aanbied om deel te neem aan die toetse wat nou gedoen word met entstof teen die Covid-19 koronavirus.

Die entstof wat onder die naam van CureVac vir die toets program gebruik word, se woordvoerder sê meer as genoeg mense het na vore getree om aan die toetsing deel te neem.

Binne enkele dae het sowat 4,000 mense geregistreer om deel te neem aan die entstof toetse wat by die Duitsland Universiteit Hospitaal naby Stuttgart gedryf word.

Die navorsers sê dit is werklik verblydend om die positiewe reaksie te kry, aangesien dit in gewone omstandighede baie moeilik gaan om vrywilligers te kry wat deelneem aan toetse van nuwe medikasie en entstof.

Die eerste klein groepie mense is aan toetse onderwerp in Junie, en uitstekende resultate word verwag, maar die werklike toets sal nou in die volgende maande gedoen word voor die entstof op die rakke verskyn.