Duitse Weermag vermis massa ammunisie

Die Duitse Weermag, bekend as die Bundeswehr het bevestig dat meer as 60,000 rondtes ammunisie uit hulle voorraad vermis word.

Benewens die massa ammunisie wat vermis word, is daar ook nog 48,000 rondtes van die Spesiale Eenheid wat vermis word, en wat verbind word aan die regse vleuel van ’n ekstremistiese groep.

Die Bundeswehr het aangedui dat die aangeleentheid ’n volledige ondersoek ondergaan in opdrag van die Minister van Verdediging.

Dit is nog onseker wat die rede is vir die vermis en verskeie moontlikhede kan moontlik wees, veral as onttrekking deur weermag lede vir oefeninge wat gedoen word, nie behoorlik geadministreer is nie, alhoewel daar twyfel oor so ’n moontlikheid bestaan.

Vroeër het die Bondskanselier versoek dat die weermag seker maak dat ekstremiste nie in die weermag opgeneem word nie, wat ’n aanduiding is vir waarnemers dat die vrees bestaan dat sulke groepe verantwoordelik is vir die tekorte in die ammunisie voorraad.