Duitse motorfietsryers in protes

Opponerende partye het begin kla oor die Duitse motorfietsryers wat te veel geraas maak, veral op Sondae en openbare vakansiedae.

Hulle beweer ook die dit nadelig is vir die omgewing wat deur die fietsryers besoedel word, en het die regering versoek om ’n verbod te plaas op die gebruik om op sulke dae in groot getalle saam te trek.

In reaksie daarop het duisende motorfietsryers met hulle spoggerige ysterperde saamgetrek regoor Duitsland om te demonstreer dat hulle sterk gekant is teen enige moontlike beletsel wat opgelê mag word.

Die organiseerders daarvan sê meer as 5,000 motorfietse het hulle opwagting gemaak uit protes en het Friedrichshafenletterlik laat bewe nadat gehoop is om op 1,000 fietse wat die saamtrek sou bywoon.

In Stuttgart was ongeveer 8,000 fietse bymekaar en die Duitse media beskryf dit as ’n amptelike rekord vir Duitsland en in Bavaria hê sowat 6,000 motorfietse deur die strate beweeg.

Waarnemers reken die demonstrasie het die besware in die kiem gesmoor uit vrees dat dit dalk elke Sondag kan gebeur.