Duisende immigrante sterf in Afrika roetes

Die landelike roetes regoor die Afrika kontinent word beskou as die dodelikste, en gevaarlikste roetes vir immigrante, is die jongste inligting volgens die Verenigde Nasies se verslag.

Dit is nie net die onbegaanbaarheid deur sommige dele wat woestyn gebiede is wat die roetes onbegaanbaar maak nie, maar ook die aggressiewe mense teenoor “reisende” immigrante in talle Afrika lande.

In verskeie lande is die regerings vyandig gesind teenoor sulke immigrante, en in die algemeen word reisende immigrante deur plattelandse inwonders as ’n bedreiging beskou.

Volgens die VN verslag het duisende immigrante reeds omgekom weens die aggressie van plaaslike inwoners van die Afrika lande, en volgens die jongste verslag is ’n gemiddelde van meer as 70 mense per maand die slagoffers in die land roetes wt gevolg word.

Die verslag wys daarop dat ’n gesindheid bestaan dat “niemand omgee of jy lewe en of jy sterf” en verwys ook na die verslag van die Deense Reddings Raad wat die aanvalle op reisende immigrante beskryf as “onuitspreekbare brutaliteit en onmenslikheid” terwyl die immigrante onderweg is na ander gebiede buite Afrika.