Duisende Airbus werkers afgelê

Die vliegtuig vervaardiger Airbus is in sy grootste krisis sedert sy ontstaan as vervaardiger, en die woordvoerder sê die maatskappy het nog nooit so ’n reuse krisis beleef nie.

Die Franse regering het die aankondiging van Airbus gekritiseer en gesê die syfers wat die vliegtuig maatskappy gegee het is twyfelagtig.

Europa se grootste passasiersvliegtuig vervaardiger het die week gesê dat sowat 15,000 werkers afgeleq moet word wat toegeskryf word aan die pandemie.

Dit verteenwoordig egter ’n volle 10% van Airbus se wêreldwye aantal werkers, waarvan verskeie ook as werkers die virus infeksie opgedoen het.

In Duitsland sal 5,100 Airbus werekers afgelê word, en 5,000 in Frankryk, in Brittanje 1,700 en in Spanje ongeveer 900.

Daar is egter oor baie ander lande ook werkers wat huis toe gestuur word, wat die groot totaal op nagenoeg 15,000 afleggings bring.