Druiwe- en wynboere in nood

Dit lyk of die alkohol verbod tydens die grendelsluiting ‘n vereikende gevolg inhou vir druiwe boere in die land. Druiwe boere ontvang jaarliks in drie fases betaling vir die druiwe wat hul lewer aan wynkelders nl. ‘n voorskot wat hul help om die boorde voor te berei vir die komende oes insluitend kunsmis en lone. Dan ‘n middelskot wat lopende uitgawes soos lone brandstof ens dek. ‘n Agterskot word later betaal na oeste gelewer is en die pryse van druiwe en wyn bepaal is.

Met die alkohol verbod sit kelders met miljoene liter wyn en verwante produkte wat nie verkoop mag word nie.  Rooi wyn staan die toets van tyd maar wit wyn moet so spoedig moontlik op die rakke kom.

Nou ontvang kelders geen inkomste nie en gaan daar ook nie verdere uitbetalings aan boere gedoen word nie.  Wynboere in die Wes-Kaap is reeds die afgelope paar jaar getref deur erge droogtes en indien hul hierdie seisoen geen of weinig vergoeding ontvang vir oeste gelewer kan daar volgens beraming 90% van die boere nie oorleef nie.