Drie steel R5 miljoen by Toyota

Drie werknemers by die Toyota voertuig vervaardigings aanleg in Durban is gearresteer weens hulle beweerde aandeel aan die diefstal van sowat R5,5 miljoen.

Die drie het saamgewerk om sekere spook transaksies te ontwikkel waarvoor betaal moes word, en kon hulle oor ’n tydperk die reuse bedrag vir hulleself toeëien.

Die drie is deur die Valke eenheid vasgetrek en het Vrydag vlugtig in die landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery.

Die bedrog wat reeds sedert 2017 gepleeg is, kon slegs met moeite bewys word, maar onbevestigde berigte lui dat ’n lokval gestel is wat die sneller laat afgaan het.

Die Wêreld Ekonomiese Misdaad agentskap het bevind dat bedrog en ekonomiese misdrywe in Suid-Afrika ee van die hoogstes ter wêreld is en dat die neiging toeneem terwyl die ekonomie van die land al meer verswak.