Drie in hof oor Sassa diefstal

Die Departement van Welsyn en Pensioene se afdeling bekend as Sassa, het die afgelope tyd gebuk gegaan onder die pogings van diewe.

Drie verdagtes is die jongste geval bekend wat eersdaags in die Nelspruit landdroshof sal verskyn nadat hulle vroeër gearresteer is deur die Valke eenheid.

Die Valke se Kuber kraker eenheid en die Kriminele Rekord Sentrum  tesame met die polisie het op die drie toegeslaan terwyl hulle besig was om te probeer geld steel met behulp van die moderne tegnologie.

Die drie was net besig om op die Sassa bankstelsel deur te breek toe die Valke opdaag en hulle arresteer.

Die Valke se woordvoerder sê die skurke was in besit van ’n elektroniese toestel wat hulle in staat sou stel om op die bankrekening in te gaan.

Met die toerusting sou hulle inligting kon onttrek soos die tipe skootrekenaar wat gebruik word, die skandeerder, Sassa kaarte van kliënte kon vervals word, en toegang tot die bankrekening was moontlik.