Dosyne in dwelmhandel vasgetrek

Minstens 45 mense wat betrokke is in die sindikate wat dwelmhandel bedryf, is deur die Italiaanse polisie vasgetrek gedurende die afgelope week.

Met die samewerking van die Duitse polisie is ’n belangrike hoofman van die sindikaat in Duitsland in hegtenis geneem.

Die mafia-bendes het ’n swaar slag gehad toe die polisie van hulle sleutel persone kon arresteer nadat Duitsland en die Duitse Federale Kriminele Polisiediens ook betrek is saam met die Italiaanse polisie.

Die Italiaanse polisie beweer ’n voormalige politikus, wat uit die tronk vrygelaat is weens gesondheidsredes sit agter die mafia groep se bedrywighede, maar die seniors in die bende is nou agter tralies.

Die konserwatiewe regering van Italië het tydens die algemene verkiesing onderneem om hard op te tree teen dwelm sindikate, en in die afgelope paar jaar is verskeie groot sindikate se hoofde vasgetrek.