Donateurs skenk miljarde aan Sirië

Die Westerse wêreld het miljarde geskenk om die Russiese alliansie vennoot se kinders van honger en siektes te rd.

Waarnemers wys daarop dat die Westerse lande miljarde euro bewillig om ’n krisis af te weer in die Russiese vennoot se land waar ellende elke dag verder toeneem.

En deur dit alles staan Rusland en toekyk hoe die Weste se vriende help terwyl hy self nie ’n vinger verroer nie.

Duitsland het €1.58 miljard bygedra tydens ’n konferensie wat deur die Europese Unie en die Verenigde Nasies aangebied is.

Die konferensie het goeie ondersteuning gekry en is $7.7 miljard byeengebring om die land van algehele hongersnood te red.

Sowat 60 lande het deelgeneem aan die konferensie wat bestempel is as ’n regerings konferensie rakende Sirië en nie ’n Internasionale Konferensie nie.

Die VN het in sy openingsrede gesê nagenoeg 9,3 miljoen mense is deur die oorlog in “voedsel nood” en ’n reddingsdaad is noodsaaklik as ’n enorme uitwissing nie voorkom word nie.