Diewe slaan toe op COVID-geld

Die lekker lewe van diewe wat baie geld het om motors, drank en geskenke te koop of uit te deel, het tot ’n einde gekom toe die Valke eenheid op hulle toegeslaan het.

Vyf diewe is vasgetrek vir hulle aandeel om sowat R5,7 miljoen Covid geld te steel wat bedoel is om mense in nood te help.

Speurders van die Valke Eenheid se afdeling van Handels Misdaad het op ’n woonhuis toegeslaan in Mamelodi asook in Soshanguve en Atteridgeville waar die vyf mense vasgetrek is.

Waarnemers wys daarop dat van die vyf daar ook vroue betrokke is, en dat die Valke blykbaar meen daar is nog mense by die rooftog betrokke gewees.

Meningsvormers sê die diefstal en korrupsie met Covid-geld sal nog vererger, en die beheer van die uitbetalings is die grootste bron van kommer, is gesê.