Die wedloop vir oorlewing

Die opdrag van God die Vader dat die mens oor die aarde en dit wat daarop is, mag heers, het oor eeue geduur en het nou ’n tyd van groot verandering binnegegaan.

Die wetenskaplikes waarsku oor die ernstige gevolge wat klimaatverandering teweegbring en die invloed daarvan op die ganse aarde wat plant en dier en mens sal raak.

Vreemde gebeure laat die mens op verskeie maniere optree in die hoop dat hulle as goeie heersers handel met die bedreigings wat opsigtelik aan die toeneem is.

Die uiters belangrike bye bevolking, wat die draers van lewe is met hulle harde werk om die noodsaaklike diens van bestuiwing voort te sit, se getalle is skerp aan die daal en die mens staan ietwat magteloos en toekyk.

Swaar ysberge in die twee pole van die aarde is besig om veel vinniger se smelt as wat wetenskaplikes voorspel het gaan gebeur, en terwyl die verwarming in momentum toeneem, word die seewater vlakke gevaarlik hoër vir groot stede van die wêreld.

Die stryd om nuwe entstof te ontwikkel om die gevreesde koronavirus uit Sjina te vernietig en mense se lewens te red, het byna ontaard in ’n wedloop van wetenskaplikes wat die roep van ontdekking najaag.

Elke ander teken dat die wêreld aan die verander is, is ook ’n waarskuwing aan die mensdom om sy opdrag van God na te kom en te heers op ’n wyse wat goed is vir alles wat leef op die planeet.

Daarom sal dit vir elkeen beter wees om die knie te buig in aanbidding en die lewe aan te pas na die wil van ons Here en ons Skepper.

As die mens die kortstondige lewe op aarde nie goed bestuur nie, en die Genade en Liefde van Jesus Christus nie wil ervaar nie, sal die ewige lewe saam met hom ook nie beskore wees nie.