Die terroristiese aanslag teen ligvellige plaasboere in Suid-Afrika.

In die afgelope paar weke is die gewelddadige aanslag teen ligvellige plaasboere in Suid-Afrika ooglopend verskerp. Die term “plaas-aanvalle” vir hierdie tipe aanslag is na ons mening onvanpas. Hierdie aanvalle is terrorisme.

Die aanvalle word tans sonder uitsondering deur groepe donkervellige terroristeuitgevoer teen ligvellige boere en hul gesinne. Dit getuig enersyds van voorafbeplanning deur daardie groepe om die boere en hul gesinne te kan oorweldig en andersyds van ʼn duidelike onderliggende rasgedrewe agenda.

Die aanvalle is fyn beplan en word met presiesheid uitgevoer. Die terroriste wag die boere en hul gesinne by hul huise of plase in of val hulle daar aan met die duidelike doel om die boere en hul gesinne op gruwelike wyse by, of in, hul veronderstelde veilige wonings te kan martel en daarna dood te maak of uiters ernstig beseer agter te laat.

Die doel van die aanvalle is dus nie om bloot eiendom van die boere en hul gesinne te steel nie. Die doel is om soveel vrees by die slagoffers en ander ligvellige boere in te boesem as moontlik.

Die Afrikaner Selfbeskikking Party hou die Suid-Afrikaanse regering aanspreeklik vir sy afskuwelike versuim om die ligvellige boere van die land te beskerm.

Die boeregemeenskap word ernstig aangeraai om homself gepas voor te berei om hierdie terrorste-aanslag te kan afweer. Dit sluit onderlinge hulp in.