Die president se toets kom later

Politieke ontleders sê die ergste toets vir die ANC se president sal eers in die komende drie tot vier maande wees, en die huidige “gewildheid vlak” sal dan behoorlik bepaal kan word.

Die grootste toets vir die president sal kom as die werklike impak van die swak ekonomie deur kiesers gevoel word, en wanneer die R500 miljard van die hulpfonds opgedroog het.

Dan sal werkloses en verarmdes asook die swart vakbonde begin met nuwe eise en afdreigings, terwyl die finansiële stand van ’n skuld belaaide land sy rommelstatus verder die afgrond in stuur.

Die huidige tendense toon dat die regime geen noodplan het oor hoe die ekonomie herstel, en werkskepping uitgebou gaan word nie.

Ekonomiese deskundiges sê die president se huidige gewildheid onder swartmense word toegeskryf aan die baie geld wat aan armes en werklose mense elke maand uitbetaal word, maar sodra die fontein sy sesmaande diens gelewer het, gaan duisende sonder inkomste wees terwyl die siekte toestand met verspreiding van Covis-19 nog nie tot ’n einde gekom het nie.