Die onmoontlike het moontlik geword

Die onmoontlike het waar geword in die koudste deel van Rusland toe ’n hittegolf die landstreek vanjaar getref het.

Siberië word beskou as een van die moeilikste dele van Rusland om bewoon te word weens die geweldige lae temperature, maar vanjaar se somerweer het selfs gesorg vir ’n hittegolf, iets waarvan niemand ooit sou droom nie.

Dit is egter nie die klimaatsverandering wat verantwoordelik is vir die vreemde verskynsel wat selfs veroorsaak het dat die jong klomp die koel water opgesoek het vir lafenis nie.

Wetenskaplikes reken die hittegolf is veroorsaak deur gas wat vir weke gebrand het, asook die ander “mens gemaakte” rampe soos die groot woud brande wat weke lank in groot gebiede in Siberië gewoed het.

Die hittegolf, wat ’n ongekende 38 grade Celsius in die dag temperatuur geregistreer het, is ’n verskynsel wat deur die wetenskaplikes beskryf is as die “onmoontlike wat moontlik geword het”.

Wetenskaplikes van Brittanje, Rusland, Frankryk, Duitsland, Nederland en Switserland het gevind dat die temperatuur in die streek sedert Januarie tot in Junie tot so hoog as 38 grade Celsius gestyg het, alhoewel dit net in sekere dele van die streek voorgekom het.