Die jeug neem voortou in Hong Komg

’n Jonger, meer dinamiese en meer toegewyde generasie pro-demokrate is besig om na vore te kom in Hong Kong, iets waarvan die kommuniste van Beijing bekommerd maak.

Volgens voorlopige opnames was die meerderheid kiesers wat in die afgelope primêre verkiesing deelgeneem het, hoofsaaklik uit die jonger garde afkomstig.

Die Sjinees beheerde stad word met die nuwe veiligheidswet ook ’n stad wat verander het, want die polisie se bykomende, en tipiese kommunistiese mag, is ’n stelsel wat nie onderskat kan word wanneer intimidasie tersprake kom nie.

Die sukses van die jong pro-demokrate tydens die afgelope verkiesing sal waarskynlik deur suurdeeg na die stad se verkiesing op 6 September om verteenwoordigers te kry vir die 70 sitplekke waarvan die grootste aantal deur die kommuniste gehou word.

Beijing het ook in die voorverkiesing gesien hoe dinamies die jeugdiges is, en het die veiligheidswet as slaanding teen hulle gebruik deur te waarsku dat die pro-demokrate te laat verstaan dat hulle verkiesing ongeldig is en deur die veiligheidswet se ondersteuners ondersoek gaan word.

Waarnemers reken dit is die eerste stap wat Beijig volg om die pro-demokrate in twyfel te laat oor wat toelaatbaar is al dan nie.