Die groot ekonomiese krisis kom

Die groot ekonomiese krisis gaan Suid-Afrika binne enkele maande tref, en dit sal een van die land se grootste finansiële terugslae wees wat afgespeel het in die laaste 100 jaar.

Dit is die mening van ’n Suid-Afrikaanse ekonoom wat die ontledings gedoen het aan die hand van nuusberigte en die owerhede se verklarings.

Hy sê die werkloosheid het nou die 30% merk verby gegaan, en dit beteken dat duisende mense wat gewoonweg ’n inkomste het, skielik niks het waarmee gewoeker kan word om staande te bly nie.

Die onwaarskynlike, maar nie ’n onmoontlike scenario is dat tot 7 miljoen mense teen Desember sonder werk gaan sit, wat beteken dat die staat ’n helpende hand moet gee en geen sent belasting ontvang van daardie werklose mense nie. Die situasie kan verleng word na mate die sakesektor in likwidasie gaan en werkloosheid styg tot meer as 50% van die gewone werkers. Met die skole en universiteite waar leerlinge afstudeer word meer as ’n miljoen mense bygevoeg wat op soek is na werk.

Die staat se onvermoë om die situasie om te keer, vererger die omstandighede, en word die armoede net groter, wat dan lei tot meer geweld en onrus.

Die swaar las van buitelandse skuld, die staat se rommelstatus, die resessie wat nou wêreldwyd gevoel word, en die moontlikheid van ’n 1933 depressie is alles faktore wat die ellende van die pandemie vererger.