De Ruyter tree op vir Eskom belange

Die onaanvaarbaarheid van wanbetaling deur sekere munisipaliteite in Suid Afrika het nou die kragvoorsiener genoodsaak om sterk op te tree.

In een geval bekend, het Andre De Ruyter die bankrekening van die Maluti Munisipaliteit gevries om te verseker dat die massiewe bedrag verskuldig, afgelos gaan word.

Vroeër het die Eskom hoof ook besluit om sekere woongebiede wat in gebreke bly om die onwettige aftap van krag te staak, en betalings van die Eskom rekening na te kom, ’n nuwe stelsel van “krag vermindering” in te stel.

Dit lyk of die maatreëls goeie vrugte afwerp, maar of die munisipaliteit waarvan die bankrekening gevries is, sy verpligtinge nagekom het, is nie bekend nie.