Dapper mense is versigtig

Oor eeue heen was daar dapper mense wat dade verrig het en ander laat snak het na asem, en tog was die meerderheid van daardie dapper mense ook uiters versigtig in hulle optrede om ’n dapper daad te verrig.

In ons eie volksgeskiedenis is daar ’n lang ry van dapper mense, en was Wolraad Woltemade seker een van die eerstes wat dapper optrede gevolg het wat die omstanders na asem laat snak het.

Die lus van helde is te lank, maar Japie Greyling het die Engelse offisier getrotseer, en Christiaan de Wet het wêreldberoemd geword, en so ook Gideon Scheepers….

Maar almal het een ding in gemeen gehad, en dit is om ’n dapper daad te verrig met ’n versigtige benadering.

Nou staan ons in die moderne tyd, en alhoewel ons volk steeds dapper manne en vroue lewer wat ander mense sal verbaas, is hulle minder bekend, en tog verrig hulle heldedade.

Die baanbrekers van die BCVO-skole is een van daardie dapper dade van klein groepies volksgenote wat alles opoffer vir die kinders in hulle lewe. Dit is ouers, leerkragte en leerlinge van ons volk wat dapper, maar met versigtigheid, hulle roeping najaag.

Dit is een van die hoofredes waarom Die Vryburger Kinderfonds tot stand gekom het, want dit was ’n dapper daad van ’n handjievol mense wat die nood gesien het, en met versigtigheid toegetree het om te help.

Maar dit is ook die dapper optrede van donateurs, en kerklike gemeentes wat nie misgekyk mag word nie. In die dae wat kom, sal die Fonds dalk weer moet help waar klein skole met min kinders vind dit moeilik om staande te bly weens die inperkings wat veroorsaak is deur die Sjinese se virus.

Die dapper dade sal voortgaan op talle terreine van die volksakker, maar as daardie optrede nie met versigtigheid benader word, en nie met biddende hart gedoen word nie, sal alles tevergeefs wees.

Mag ons volk nooit sy dapper manne en vroue verloor nie.