Dagga voertuig in botsing, talle sterf

’n Audi motorvoertuig het in vlamme opgegaan met twee mense wat vasgekeer was in die motor wat oorlaai is met dagga.

Die motor was in ’n botsing betrokke met ’n bakkie wat vir die dood van minstens vier mense verantwoordelik is toe dit teen ’n onbehoorlike spoed gejaag het en met die bakkie gebots het.

Die ongeluk wat op die N2 in Natal gebeur het, word deur die polisie gesien as ’n oorlaaide motor wat nie gerem kon kry weens die geweldige gewig van die dagga in die motor.

’n Woordvoerder van die paramediese span wat op die toneel aangekom het, kon weinig doen om enige insittende te probeer red.

Die Audi was so swaar gelaai dat die bestuurder beheer verloor het en die hoë spoed waarteen gery is, kon die remstelsel nie soos gewoonlik rem nie, en is al die insittendes in die twee voertuie gedood.