Covid-19 se onbeantwoorde vrae

Die toename in infeksie regoor die wêreld tot ’n astronomiese 15 miljoen mense is een bron van kommer, maar die grootste bekommernis le in die vrae wat onbeantwoord bly.

In ’n navorsing sentrum van Brittanje is gevind dat die longe wat infeksie opgedoen het, afwykende X-straal plate vertoon teenoor wat die persoon voor infeksie met X-straal plate gehad het.

Die vraag wat die betekenis van die verskynsel is, word nog nagevors, net soos wat wetenskaplikes worstel met die vraag watter organe in die liggaam is ook verswak weens die infeksie, aangesien dit bekend is dat die infeksie oorspoel na ander organe, waarvan die niere en die hart belangrik is en benadeel word.

Dit is ook nie seker waarom sommige mense geen simptome het, en selfs onbewus is daarvan dat hulle infeksie opgedoen het, terwyl ander in uiterste toestand in die hoësorg eenheid van ’n hospitaal beland en ander selfs die infeksie nie oorleef nie.

Die Covid-19 koronavirus is dus veel gevaarliker as wat algemeen vermoed word, en mense behoort groter versigtigheid aan die dag te lê en te sorg dat hulle alle moontlike maatreëls streng volg.