Columbus standbeeld gesaboteer

Die sogenaamde protesteerders, wat eintlik ’n klomp haatdraende anti-blanke vandaliste is, het die standbeeld van die beroemde ontdekkingsreisiger van sy voetstuk verwyder.

Die saboteurs het die Christopher Columbus standbeeld in Baltimore van sy voetstuk verwyder en in die seewater van die hawe gegooi.

Dit het dieselfde dag gebeur wat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het die lewe in Amerika het begin toe die Italiaanse ontdekkingsreisiger Columbus die Amerikas bereik het.

Die protesteerders het lang toue gebruik om die standbeeld van sy hoë voetstuk te verwyder, en het dit daarna in die hawe van Baltimore laat afsak in die water.

Die optrede om standbeelde te saboteer is deur die vandale begin nadat ’n blanke polisiebeampte vir die dood van ’n swartman verantwoordelik gehou word.