China nie die vyandige nie

Sjina het seur middel van sy diplomate in Londen gesê dat diegene wat hom sien as die vyandige staat, verkeerd is en daarop gewys dat die Europese Unie nie moet inmeng in Sjina se huishoudelike sake soos met Hong Kong nie.

Sjina het nog nooit ingemeng in die huishoudelike sake van ander lande nie en rig dus ’n ernstige beroep aan alle lande van die wêreld om nie in te meng in Sjina se eie sake nie.

Sjina se besluit om ’n veiligheidswet” in te stel in Hong Kong, is ’n aangeleentheid van die Sjinese regering en nie die sak van enige ander land nie, is gesê.

Die verklaring volg nadat talle lande hulle kommer uitgespreek het oor die intimiderende handeling van die kommunistiese regering in Beijing wat onder die vaandel van veiligheid ’n wet instel wat die pro-demokrate van Hong Kong benadeel deur strenger optrede in die hand van die polisie te gee wat selfs vreedsame betogings ontwrig.