Cele gee bedekte waarskuwings

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het weer in omstredenheid verval nadat hy ’n ernstige waarskuwing gerig het oor die polisie se optrede teenoor wetsoortreders.

Die minister het in ’n virtuele sitting van die Nasionale Raad van Provinsies gesê hy gee besonderhede van klagtes teen die polisiediens tydens die inperkings tyd.

Hy het bygevoeg dat die polisie moet optree ingevolge die wet, en die wet bepaal dat die polisie sy mag moet gebruik om wet en orde te handhaaf.

Cele het daarop gewys dat tussen 27 Maart en 22 Junie was daar 49 gevalle van polisie brutaliteit aangemeld, waarvan 15 in Sentraal Transvaal ontvang is, en in Natal is 10 gevalle aangemeld terwyl 9 in die Wes-Kaap ontvang is.

Van al die klagtes is 36 voorvalle bevredigend afgehandel, en 20 van die oorblywende 36 voorvalle is wel geldige gevalle.

Geeneen van die voorvalle is die beamptes krimineel vervolg nie.