Britte kortwiek Spaanse toeriste

Die Britse Minister van Vervoer het sy vakansie in Spanje kort geknip nadat die regering besluit het om kwarantyn maatreëls in te stel teen mense uit Spanje wat besoek bring in die land.

Die Britse regering se besluit dat almal wat van Spanje na Brittanje gaan ’n 14 dae kwarantyn tydperk moet deurbring, het groot ontevredenheid veroorsaak onder die Spanjaarde.

In reaksie op die Britte se maatreël sê die Spaanse owerheid dat die koronavirus se verspreiding in hulle land skerp afgeneem het en derhalwe is so ’n maatreël onnodig.

Die maatreël het nie net ongerief vir sakelui gebring nie, maar beïnvloed ook die rederye van Spanje se vlugte na Brittanje.

Die Minister van Vervoer, Grant Shapps, van Brittanje het aan die media gesê sy terugkeer na Brittanje word gedoen om dringende werk te hervat.

Hy het bygevoeg dat sy spoedige terugkeer na Brittanje ook beteken dat hy gouer uit die 14 dae kwarantyn tyd is om met sy werk voort te gaan.